1. Diere
floreer op eentonigheid – Dieselfde Voer ,in dieselfde bak ,elke dag en
beskikbaar op dieselfde tyd.(praktise nie altyd haalbaar nie maar probeer dit
so naby as moontlik so hou.)
2. As
die troppe redelik groot is probeer altyd genoeg bakke/vreetspasie gee sodat
die swak kompeteerders ook by die voer kom . Onthou diere in troppe het altyd
‘n” pecking order” en jy wil nie net sekerediere voer in ‘n trop nie .
3. Vir
optimale produksie is konstante kondisie die eerste beperking , oorvet
diere raak nie sommer dragtig nie en so ook te maer diere . dus diere met ‘n
konstante gesonde kondisietelling sal optimaal presteer en daarom is dit
van uiterste belang om al die diere (veral vroulike diere) genoeg kos regdeur
die jaar te gee sodat haar kondisie konstant kan bly ( Voedings vlakke sal
wysig na gelang van die seisoen )
4. Kwaliteit
ruvoer in droe maande is van kardinale belang , min van die geformuleerde voere
is as volledige voer geregistreer en sal dus minder vesel bevat , wat die
rissiko daarstel vir suurpens en opblaas as die diere hulle ooreet , Diere moet
ook stelselmatig aangepas word op die voer , begin liewer 30 dae vroeer voer as
wat jy jou diere siek gaan voer .
5. Voordeel
van die verpilde voer is dat die diere se voedingstatus verhoog kan word een
tot twee maande voor die natuurlike dekseisoen deur met ‘tipiese prikkel
voeding te begin , wetenskap het bewys dat diere in toenemende fase van
liggaams kondisie makliker dragtig raak .
Unieke samestelling van Wille pille
1. Ruvoer
basis is Lusern ,vir die goeie verteerbaarheid van die rantsoen (help nie jou
voer is vol lignien (onverteerbare vesel)en die dier kan niks
daarvan benut nie , dit help gewoonlik net om meer humis in die grond te
verskaf
2. Lusern
is hoog in versadigede vetsure wat `n bydrae lewer in die energie en proteien
behoeftes van die dier .
3. Verbyvloei
proteien tegnologie- die sojaoliekoek wat in die produk is is behandel sodat
daar ‘n verhoogde verbyvloei protein in die rantsoen is wat die volgende
eienskappe navore kan bring
·
Verbeterde melkproduksie
·
Verhoogde groei -jong diere
·
Beter horing groei
4. Voormengsel
in die rantsoen bevat die nodige minerale en vitamienes vir optimale produksie,
daar word van organiese sink en koper gebruik gemaak wat nodig is vir
vrugbaarheid . Daar is ook biotien bygevoeg
vir gesonde en harde hoewe en horings
No comments:
Post a Comment